
Getuigskrif: 1 Vanaf 1971 tot en met 1998 het ek 53 operasies gehad. 1971 het ek n amputasie van my linkerbeen gehad as gevolg van n osteo-sarkoom. Ek het al die jare met krukke geloop. Drie jaar gelede het my skouerspiere ingegee. Ek het n operasie in die regter skouer ondergaan, al die spiere het afgeskeur as gevolg van die gebruik van die krukke. Die operasie was onsuksesvol en sedertdien is ek in n rystoel. Ek het daarna erge rugpyne ervaar, soveel so dat ek moedeloos begin raak het. Depressie het begin intree. Ek moes begin medikasie gebruik. Ek was n epileptikus Grand mal aanvalle gekry asook Status epilepsie (waar een aanval oorgaan in die volgende aanval). Daarvoor is ek telkens gehospitaliseer. Die depressie het die aanvalle laat vermeerder en vererger. Die medi-kasie vir die depressie en epilepsie (tesaam) het wel die aanvalle drasties verminder, maar ek het die aura (voorgevoel) nog baie ervaar. Ek was baie gespanne, altyd bang vir n aanval. Sedert ek die tee gebruik, het ek heeltemal kalmeer, die angstigheid, voorgevoel en spanning het heeltemal verdwyn. Tans is ek af van die depressiepil en die pille vir die epilepsie is al verminder van 8 6 4 2 1. Ek sal nog net die een kapsule per dag gebruik tot hierdie voorskrif klaar is. Dan gaan ek ook af van die medikasie in samewerking met my neuroloog. Die feit dat ek die medikasie kan stop hou baie voordele in. Ek het geweldige probleme met my lewer gehad, die lewer is beskadig. Die tee het die gedurige naar, dik gevoel, die teerheid en swelling heeltemal genees. Ek kry nog dikwels erge pyne in die skouers, maar waar ek nooit meer my arms vir harde werk kon gebruik nie is ek soveel beter dat ek selfs weer gordyne kan hang. Ek kan ook weer swaar artikels optel. As gevolg van die pynlike arms, asook n tennis-elmboog was ek baie afhanklik van my man se hulp, ek kon nie eers meer wasgoed uit die wasmasjien haal of my eie hare was nie. Die elmboog het my laat krul van pyn in die nagte, alles op n end. Nadat ek die tee begin gebruik het, het ek deur absolute hel gegaan van erge pyn, ek het 2½ maand deurgedruk. Wanneer die pyn te erg was, het ek die heeltyd vir myself gesκ : Die pyn kan erger word aangesien die te die kristalle afbreek. Die woordjie af het my laat aanhou, want ek glo wanneer al die kwaad afgebreek is, sal dit beter gaan. Ek is n ander mens, die hoλ mediese uitgawes van dokters en fisoterapie het drasties verminder. Ek was baie daarvoor gehospitaliseer. 12 Blaasoperasies gehad en sedertdien is ek gesond. Nog nooit weer bloed in die niere of nier en blaasstene tot op hede. Ek het chroniese medikasie vir my maag gebruik en is baie dikwels vir my dikderm gehospitaliseer. Tans gebruik ek geen medikasie vir beide bogenoemde probleme. Ek het slegs 4 kapsules vir my maag in n periode van 6 maande gebruik teenoor n daaglikse dosis van 2 kapsules per dag. Die ongemak, swelling van die dikderm is ook heeltemal iets van die verlede. Die bloeddruk het egter so mooi gedaal en gestabiliseer dat my dokter dit voorgestel het dat my medikasie verminder kan word as die bloeddruk konstant bly. Watter blye vooruitsig. Ek het soms nog pyn, maar die pynsalf is baie effektief 5 10 minute se aanwending is die pyn iets van die verlede. Die sinuspoeier wat n minimale bedrag kos, het my duur chroniese neussproei vervang. Ek vind uitstekend baat daarby. Ook my hoofpyn word bedwang gehou met die pynsalf. Ek gebruik baie selde nog kapsules teenoor die daaglikse gebruik daarvan. Die pynsalf is werklik goed, ons gebruik dit ook vir keelseer, smeer dit net aan die keelarea en dit word beter, verdwyn sonder duur medikasie. Dit het die gejeuk en irritasie onmiddelik onder beheer gebring. Dit het geen newe-effekte soos kortisoon wat die vel geweldig dun maak. |
|||